Wolf, Wolf hoe laat is dit? [Deel 1]

Screen Shot 2017-06-20 at 10.49.47 AM

Dit het presies twee weke nadat hulle ewige trou aan mekaar beloof het begin. Eers het sy gedink dis iemand wat haar net probeer bang maak. Sy het gedink dat dit iemand se idee is van ‘n siek grappie en toe, toe begin dit fisies raak.

Die vlug terug na Kaapstad het half nege die aand geland. Marelee was moeg maar gelukkig. Alex het vir hulle die perfekte wittebrood in Griekeland beplan, soggens het hulle ontbyt geëet in die hotel, met die pragtigste see-uitsig wat sy nog gesien het. Daarna het hulle gewoontlik of op die strand gaan stap of by die swembad gaan ontspan.

Sy was nog nooit so bederf nie. Van kerslig ete’s tot inkopies in die pragtige dorpie van Pyrgos wat sowat vyf kilometer buite Santorini gevestig is. Alles was asemrowend om nie eens te praat van die kos nie. Diep-gebraaide kaas, versigtig toegedraai in filo-deeg bedek met heuning, spinasie pasteitjies, vars slaaie en Griekse wyn was maar ‘n paar van die lekkernye op die spyskaart. Die sonsondergang het hulle aand na aand betower en vir sewe dae kon Marelee vergeet van alles en almal en haarself totaal oorgee  en uitleef in die skoonheid van Griekeland.

Maar soos enige sprokiesverhaal moes dit ook tot ‘n einde kom en Alex moes terugkeer na die besige lewe van ‘n sakeman. Dit was vroegoggend toe Marelee besig was om te skilder in die sonkamer aan die voorkant van die huis. Die deur klokkie lui en breek deur haar muur van konsentrasie. Dis snaaks, sy het niemand gesien inkom nie maar het die verf-kwas neergesit en die deur met ‘n glimlag oopgemaak. Daar was niemand. Iets op die grond voor haar het dadelik haar aandag gevang.

Dit was ‘n boks die grootte van ‘n skoenboks, versigtig toegedraai in bruin papier. Bruin tou is om die boks gedraai en ‘n strik is sorgvuldig bo-op gemaak. Daar was geen naam, adres of kaartjie bo-op die boks nie. Marelee frons en kyk vinnig op? Sy trap versigtig bo-oor die boks en stap om die stoep, af met die klip-paadjie tot by die hek aan die onderkant van die tuin. Dit kan mos nie wees nie? Hoe het sy dan niemand gesien nie? Dit mòèt Alex wees wat haar verras, sy kan aan niemand anders dink nie.

Na ‘n halfuur van staar na die eienaardige boks op die eetkamer tafel besluit sy eindelik om dit oop te maak. Haar nuuskierigheid het die oorhand gekry. Sy haal die tou en dan die papier versigtig af. ‘n Kamera? Een van daardie moderne polaroid kameras. Marelee frons en haal die kamera versigtig uit die boks. Dan sien sy dít. Sy gryp na haar slimfoon en druk ‘n paar nommers vinnig daarop in met bewende hande.

“Alex, jy moet asseblief onmiddelik huis toe kom, hy is terug”.

Het jy my nuutste storie geniet? As jy het, “like” asseblief die storie en deel dit met jou vriende! Van wie af dink jy kom die kamera? Wat dink jy het Marelee in die boks gesien? Los jou kommentaar hier onder! Deel 2 sal binnekort beskikbaar wees so maak seker jy hou ‘n ogie op my blog!

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s